Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies het namens Lefra Produksies en Carnival City hulde gebring aan die vorige Staatspresident van Suid-Afrika, mnr Nelson Mandela, tydens die jaarlikse Kersfees Skouspel by Carnival City se Big Top Arena op Saterdag, 14 Desember.
Kunstenaars Rina Hugo, Jannie Moolman, Arina de Witt, Jay, Alwyn Oberholster, Liza Brönner, Kobus Muller, Henrico Coetzer, Jaconell Mouton, Mauritz Lotz, Vinnie Henrico, Denny Lalouette en Luke van der Merwe het saam hulde gebring en 'n ongelooflike weergawe van die Volkslied gesing.
Swart het gesê dat Madiba 'n besondere sagte plekkie vir die kunste gehad het. Hy het ook 'n staaltjie vertel toe Fanus Rautenbach en Zack du Plessis genooi is vir tee by mnr Mandela. "Fanus het vertel dat mnr Mandela baie van hulle stories geken het en het lekker gelag daarvoor. Hy het ook gesê dat die drie gryskoppe vir die eerste keer bymekaar is en dat hy (mnr Mandela) baie life was om te lag." Swart het bygevoeg dat Fanus en Zack ook nie meer saam met ons is nie. "Ek dink hulle vertel vandag grappe in die hemel."
Die huldeblyk is afgesluit met 'n 5 sekonde oomblik as herrinnering aan mnr Mandela en daarna het die kunstenaars en gehoor die Volkslied uit volle bors gesing.
NOTA AAN REDAKTEURS:
1. Volledige huldeblyk aangeheg.
2. U is welkom om 'n joernalis en/of fotograaf te stuur. Ons kan ook plek maak vir metgeselle. Skakel asseblief vir Charl Senekal 083 471 0037 of Monica Booysen 079 022 0521 om kaartjies te reel.
3. Ons het amptelike fotograaf by Kersfees Skouspel en kan vir u foto's aanstuur indien u nie mense het om te stuur nie. Skakel asseblief weer eens vir Charl Senekal 083 471 0037 of Monica Booysen 079 022 0521 om reelings te tref. Ons is van 10:00 af by die venue - so sal nie enige eposse sien vandag nie. Skakel dus en moenie epos nie.
Videos